About this podcast
Voorlesings van gedigte, afgewissel met gepaste musiek.
Episodes
The newest 20 of 766 episodes
- Vers en klank: Joan Hambidge - Amberkamer · 23 min10 November 2026: ’n Nuwe bloemlesing uit die werk van Joan Hambidge het onlangs by Protea Boekhuis verskyn. Dié bundel, Amberkamer, bevat ’n keur van gedigte uit die 15 bundels…
- Vers en klank: Die Vrystaat · 25 min3 November 2026: Die Vrystaat is ’n meer as net ’n provinsie. Dit is ’n atmosfeer wat jou bybly. Daardie eindelose ruimtes, die unieke kleurpalet, die groot blou hemel… dis…
- Vers en klank: Afrikaans se vrouedigters · 26 min27 Oktober 2026: In die vorige eeu was daar maar ’n handjievol vrouedigers in Afrikaans. Sedert die jaar 2000 het dié stemme egter hand oor hand toegeneem, en terselfdertyd het…
- Vers en klank: Stilte · 15 min20 Oktober 2026: Ons leef deesdae in ’n wêreld wat selde stil is. Daar is altyd ’n boodskap, ’n gesprek, ’n enjin, musiek, nuus, ’n skermpie waarop een oor iets klets... Stilte…
- Vers en klank: Johan Myburg - Steierwerk · 24 min13 Oktober 2026: Die digter Johan Myburg se sesde bundel, Steierwerk, het onlangs verskyn. Sophia van Taak gesels met hom oor dié versameling sonnette. Die gesprek gaan draai ook…
- Vers en klank: Anri Botha en Melanie Grobler · 23 min6 Oktober 2026: Henriëtta Gryffenberg lees voor uit Anri Botha se bundel, Bakeliet. Sy het in 2018 met die bundel Wolfram gedebuteer. In hierdie nuwe bundel gebruik sy bakeliet –…
- Vers en klank: Vriendskap · 17 min29 September 2026: “Jou vriend is die vervulling van jou behoeftes. Hy is jou akker wat jy met liefde saai en met danksegging maai. En hy is jou maaltyd en jou vuurherd. Want jy…
- Vers en klank: Die expat, Elisabeth Eybers · 23 min22 September 2026: Hierdie episode is spesifiek vir die expats bedoel – daardie Suid-Afrikaners in die buiteland wat sekerlik van tyd tot tyd wonder: Wat het ek nou eintlik hier…
- Vers en klank: Koorsboom - Jakes Möller · 25 min15 September 2026: Sophia van Taak en Lochner de Kock blaai deur die debuutbundel, Koorsboom. Dis die pennevrug van Jakes Möller, en ’n verrassend sterk eerste versameling – vol…
- Vers en klank: Joan Hambidge · 25 minDie digter Joan Hambidge vier op 11e September haar 70ste verjaarsdag. Sophia van Taak hou vir haar ’n partytjie! Die gesprek gaan oor die grootste invloede op Hambidge se…
- Vers en klank: William Rowland · 23 min1 September 2026: Komende Vrydag is dit Loslitdag. Dan kan die mense wat gewoonlik netjies moet aantrek vir werk, ook ’n slag sommer in jeans en tekkies werk toe gaan. Maar dié…
- Vers en klank: Danie Marais - Ek is nie Danie · 26 min25 Augustus 2026: Daar het onlangs ’n bloemlesing van die digter Danie Marais se werk verskyn. Die gedigte vir hierdie versameling, Ek is nie Danie, is só keurig gekies dat dit…
- Vers en klank: Die skaduwee van siekte · 24 min18 Augustus 2026: Dit is seker een van die moeilikste gedagtes waarmee 'n mens gekonfronteer kan word - dat daar sekere dinge is wat eenvoudig buite jou beheer is. Jy kan…
- Vers en klank: Mediese mankemente · 23 min11 Augustus 2026: ’n Mediese ondersoek is selde net ’n ondersoek van die liggaam. Dit is ook ’n ondersoek van die gees. Dit vra iets van ’n mens se moed, jou geduld en jou vermoë…
- Vers en klank: Lina Spies · 26 min4 Augustus 2026: ’n Huldigingsbundel ter ere van die digter Lina Spies het onlangs by Naledi Uitgewers verskyn. Sophia van Taak praat met Alwyn Roux, een van die samestellers en…
- Vers en klank: Sondagblues · 21 minDaar is seker nie ’n amptelike diagnose soos Sondagblues-sindroom nie, maar dit is tog ’n algemene ding waarmee baie mense sukkel. Daardie spesifieke soort bedruktheid, ’n…
- Vers en klank: Wilhelm Knobel · 24 min21 Julie 2026: Wilhelm Knobel was ’n Sestiger-digter, wie se klein, maar besonder intense oeuvre, die worsteling van ’n hoogs sensitiewe mens met eensaamheid, liefde, geestelike…
- Vers en klank: Vuur · 25 min14 Julie 2026: Vuur is – saam met lug, water en grond – een van die klassieke elemente. Vuur is ook een van die mensdom se grootste ontdekkings. Dink maar net wat alles deesdae…
- Vers en klank: SJ Pretorius · 23 min7 Julie 2026: Die digter, SJ Pretorius, was veral bekend vir sy belangstelling in die gepynigde randfigure, die verstotenes in die krotbuurte. Hy’t ’n sagte plekke gehad vir die…
- Vers en klank: Tom Dreyer - BRIEF OP VEERTIGDUISEND VOET · 25 min30 Junie 2026: Tom Dreyer se tweede digbundel, BRIEF OP VEERTIGDUISEND VOET, het vroeër vanjaar by Queillerie Uitgewers verskyn. Sophia van Taak gesels met hom oor die genot van…
