Beschrijving
Jesus vertel van ’n gasheer wat sê: ‘Kom, alles is gereed.’ Een van die moeilikste dinge om te aanvaar van die Christelike geloof, is dat dit nie begin by wat ons vir God doen nie, maar by dit wat God vir ons voorberei het. Ons is gaste by ‘n feesmaal. Ons moet net opdaag en dit ontvang. Jesus is die gasheer wat aan ’n tafel sit, brood neem, dank, dit breek en vir sy dissipels uitdeel. God nooi en voorsien, ons moet net ontvang.
By die Laaste Avondmaal sê Jesus vir sy dissipels dat hulle moet EET tot sy gedagtenis.
Van al die dinge wat Jesus kon kies wat hulle moes doen om Hom te onthou…
Website: sg-preke.castos.com

