Die bankroof – ’n vervolgverhaal
de Maroela Media
[Slot-episode] Die bankroof – Episode 60
Sobre este podcast
Die bankroof, geskryf deur Joe Kleinhans, speel af in Maraisburg, ʼn dorpie in die Suid-Kaap, waar ʼn ou bank oor ʼn naweek beroof word. Die roof herinner aan ʼn historiese tonnelroof en bring die gemeenskap in beroering, veral omdat miljoene én die inhoud van sluitkissies verdwyn.
Kaptein Van Rooy, reeds oorlaai met onopgeloste sake, moet die ondersoek hanteer terwyl die media en inwoners druk uitoefen. Sy eksvrou, die ondersoekende joernalis Rachel Wolvaardt, arriveer ook en bemoeilik sake verder.
Verskeie dorpenaars met eie agendas en geheime word betrek: Juliana Julies, ʼn ambisieuse sakevrou; Magriet Manders, wat antwoorde oor haar man se moord soek; Vincent Vogel, wat sy verlede probeer ontvlug; Nettie en Shirley, twee ondernemende vriendinne; en Philip Putter, ʼn ryk boer met ʼn tragiese geskiedenis.
Die verhaal ontvou oor 60 episodes en kombineer spanning, misterie en drama, terwyl ou geheime onthul en verhoudings getoets word.
Die bankroof is vervaardig deur Bettie Kemp. Die karakters word vertolk deur Anton Schmidt as Kaptein, Ria Smit as Magriet, Marina Coetzee as Rachel, Johny Klein as Vincent, Bettie Kemp as Juliana, Claudia Jones as Shirley, Nadia Beukes as Nettie en Leon van Nierop as Phillip.
Tegniese versorging is deur Marius Vermaak, en die vervolgverhaal is in Maroela Media se ateljee opgeneem.
Episódios
Os 20 episódios mais recentes de 60
- [Slot-episode] Die bankroof – Episode 60 · 11 min · Temporada 1 Episódio 60Die kaptein se “gutfeel” lei hom na ʼn huis wat Rachel na haar asem laat snak. Twee polisiemotors daag op met ʼn lasbrief om die kaptein by te staan. Die laaste hoofstuk van die…
- Die bankroof – Episode 59 · 11 min · Temporada 1 Episódio 59Rachel vertel Magriet die besonderhede van al die sake wat haar raak. Dis onaangename inligting, maar die volle waarheid moet uit. Rachel het ʼn verrassing vir die kaptein…
- Die bankroof – Episode 58 · 11 min · Temporada 1 Episódio 58Daar is ʼn hand vol naskokke ná die tragiese gebeure in Potpourri. Magriet kom haal Nettie en voel skuldig oor die gebeure. Onverwags word daar links en regs nuwe vennootskappe…
- Die bankroof – Episode 57 · 12 min · Temporada 1 Episódio 57Dit gons in Maraisburg oor die man in die tronk se vertellings. Nettie loop benoud rond. Die feit dat Magriet los en vas oor die video by die verkeerde plek gepraat het, spook by…
- Die bankroof – Episode 56 · 11 min · Temporada 1 Episódio 56Louis Ludik dring daarop aan om eers met Rachel alleen te praat voor dat hy met enige polisieman praat. Die kaptein wil hê Rachel moet die geleentheid gebruik om Gert Greef en…
- Die bankroof – Episode 55 · 12 min · Temporada 1 Episódio 55Magriet sukkel om te verduidelik hoekom sy na Voorsitter Philip Putter se kantoor toe is om aan die leeu se baard te gaan vat. Vincent is nie verniet onrustig nie. Hy kry ʼn…
- Die bankroof – Episode 54 · 12 min · Temporada 1 Episódio 54Shirley is ontsteld en Vincent probeer help, maar daar’s ʼn gekonkel. Vincent hoor ontstellende nuus wat hom noodsaak om te ry en die feite te gaan verifieer.
- Die bankroof – Episode 53 · 11 min · Temporada 1 Episódio 53Die kaptein stap ongenooid by Philip se Voorsitterskantoor in en ontstel hom met drie dringende sake. Waaroor gons dit skielik op die dorp en laat al wat ʼn joernalis is na net…
- Die bankroof – Episode 52 · 11 min · Temporada 1 Episódio 52Shirley se missie in Kaapstad, om met Gert Greef in die gevangenis te praat, mag alleen gebeur sonder dat Rachel by is. Die missie en gesprek lewer ʼn rits skokke op.
- Die bankroof – Episode 51 · 11 min · Temporada 1 Episódio 51Juliana het genoeg gehad van haar vennoot met sy “breinfloutes”. Hy ontgeld dit. Die foto’s wat Nettie in Philip se kelderverdieping geneem het, kom nou na vore. Shirley word na…
- Die bankroof – Episode 50 · 12 min · Temporada 1 Episódio 50Juliana wil Magriet help. Vincent loop hom vas op Kleinbult. Nettie kry onverwags ʼn uitnodiging wat haar op haar voete laat dink. Met haar besoek aan Philip se wynkelder vat sy ʼn…
- Die bankroof – Episode 49 · 11 min · Temporada 1 Episódio 49Shirley kry welkome hulp, maar terselfdertyd ʼn mondvol inligting wat haar op die verkeerde voet betrap. Magriet draai weer ʼn keer voor die tronkdeure om. Die skokke is nog lank…
- Die bankroof – Episode 48 · 12 min · Temporada 1 Episódio 48Juliana se groot dag breek aan. Die Julies Garage word ingewy. Een gelukkige gas by die spoggeleentheid wen ʼn splinternuwe motor. ʼn Ongenooide gas daag op. Wie ontmoet mekaar…
- Die bankroof – Episode 47 · 10 min · Temporada 1 Episódio 47Shirley hoor uiteindelik die waarheid, en sy is stukkend. Rachel betrek vir Magriet as haar hulp-in-nood. ʼn Gesprek in die park tussen Magriet en Shirley neem die bankroof in ʼn…
- Die bankroof – Episode 46 · 11 min · Temporada 1 Episódio 46Philip hou nie daarvan dat die kaptein hom in sy Voorsitterskantoor besoek nie – en dit agter ʼn toe deur. Rachel keer uiteindelik terug vanaf Kaapstad. Haar inligting werp nuwe…
- Die bankroof – Episode 45 · 10 min · Temporada 1 Episódio 45Die kaptein is ongelukkig omdat Rachel in Kaapstad vashaak en niks van haar laat hoor nie. Sy verras hom met ʼn paar brokkies interessante nuus. Hy kry ʼn skok wat hom soos vuishou…
- Die bankroof – Episode 44 · 10 min · Temporada 1 Episódio 44Juliana is opnuut geskok, toe sy Vincent in die hospitaal besoek. Die dag breek aan waarop die nuwe voorsitter van die Sakekamer verkies moet word. Daar is nuus oor die koeël…
- Die bankroof – Episode 43 · 11 min · Temporada 1 Episódio 43Shirley deel, met die beste bedoelings, fluks raad uit. Maar soms bring raad nie goeie resultate nie. Iemand raak soek, en dit sorg vir groot bekommernis en konsternasie.
- Die bankroof – Episode 42 · 11 min · Temporada 1 Episódio 42Rachel Wolvaardt is op die oorlogspad, en die kaptein moet dit ontgeld. Philip gaan stap ʼn draai en sien iets wat hom na sy selfoon laat gryp om dit op kamera vas te lê. Maar dis…
- Die bankroof – Episode 41 · 11 min · Temporada 1 Episódio 41Op die oggend van die onthullingseremonie kom Juliana en Nettie agter daar is groot fout: Magriet antwoord nie haar selfoon nie. Nettie kry ʼn aanbod wat haar verras.




