Tax Break in Afrikaans: Suid-Afrikaanse belasting vir kundiges
oleh Pieter van der Zwan | Suid-Afrikaanse Belastingspesialis
REITs: belasting hantering en kwalifiserende kriteria ongenoteerde…
Tentang podcast ini
Tax Break is ‘n potgooi vir enige professionele persoon wat gereeld met Suid-Afrikaanse belasting werk. Dit sluit in belastingpraktisyns en kundiges, finansiële bestuurders, finansiële direkteure, hoof finansiële beamptes, rekenmeesters, ouditeure, prokureurs en korporatiewe adviseurs. Die aanbieder is Professor Pieter van der Zwan, ‘n Suid-Afrikaanse geoktrooieerde rekenmeester, wat die meestersprogram by ‘n Suid-Afrikaanse universiteit dosseer. Hy het 20 jaar ervaring om maatskappy, hoë netto waarde individue, rekenmeesters, prokureurs en korporatiewe adviseurs te adviseer oor Suid-Afrikaanse belasting en IFRS. In elke episode gesels hy oor ‘n onderwerp of onlangse verwikkeling in Suid-Afrikaanse belasting insluitend nuwe hofuitsprake, wetswysigings, SARS riglynne en onderwerpe wat gereeld opduik in sy konsultasie praktyk. En elke episode net 10-15 minute lank, net genoeg om te luister in jou koffiebreuk!
Episode
20 episode terbaru dari 99
- REITs: belasting hantering en kwalifiserende kriteria ongenoteerde REITs · 11 mntWat is ‘n ongenoteerde REIT (eiendomsbeleggingstrust) in Suid-Afrikaanse belasting, en watter eiendomsmaatskappye kan ingevolge die openbare kennisgewing van 19 Augustus…
- BTW op huurverbeterings: wysiging vir nie-ondernemers · 11 mntWat is die BTW-implikasies van huurverbeterings ingevolge artikel 8(29) en artikel 18C van die Wet op Belasting op Toegevoegde Waarde, en hoe raak die Wysigingswetsontwerp op…
- Voorlopige belasting onderskattingsboete: IRP6 vs betalings gemaak · 8 mntBeskerm ‘n behoorlike IRP6-skatting jou teen die onderskattingsboete op voorlopige belasting as jy dit nie betaal nie? Die Wysigingswetsontwerp op Belastingadministrasiewette…
- Binnelandse oordragpryse: artikel 31 en SEZ-maatskappye · 16 mntGeld oordragprysbepaling in Suid-Afrika steeds net vir internasionale transaksies? Die Wysigingswetsontwerp op Belastingwette wat op 21 Oktober gepubliseer is, brei artikel 31…
- Aftrekkings vir ander groepmaatskappy se uitgawes: artikel 11(a) · 20 mntKan een groepmaatskappy die bedryfskoste van 'n ander onder artikel 11(a) van die Inkomstebelastingwet aftrek? Hierdie episode ondersoek 'n belastinghofuitspraak oor 'n…
- Kwytskelding van persentasiegebaseerde boetes: Artikel 213 van die BAW · 13 mntKan 'n 10%-boete vir laat betaling kwytgeskeld word, en op watter gronde? Hierdie episode van Tax Break werk deur die persentasiegebaseerde boetes wat kragtens artikel 213 van…
- Dividendstroping en die GAAR: KWB en USPs · 15 mntBeteken die belastinghof se uitspraak van Julie 2026 oor dividendstroping en die algemene teenvermydingsreël (GAAR) dat hierdie transaksies nie meer gedoen kan word nie? Hierdie…
- Renteaftrekbeperkings: artikel 23M van die Inkomstebelastingwet · 14 mntWanneer beperk artikel 23M van die Inkomstebelastingwet die rente wat 'n maatskappy kan aftrek op skuld verskuldig aan 'n krediteur in 'n beherende verhouding, en waarom is dit…
- Bona fide foute op belastingopgawes: USP-risikos · 14 mntOnderstellingsboetes (USP) en bona fide onopsetlike foute na die wysiging van artikel 222 van die Wet op Belastingadministrasie (TAA): as jy 'n fout regstel op 'n opgawe wat…
- Rapporteerbare reëlings: Artikel 35 van die Belastingadministrasiewet · 15 mntRapporteerbare reëlings (RR's) ingevolge artikel 35 van die Wet op Belastingadministrasie word dikwels deur adviseurs oor die hoof gesien en kom gereeld eers na vore wanneer 'n…
- Is selfversekeringspremies belasting aftrekbaar? Die Meiring Citrus uitspraak · 20 mntIs selfversekeringspremies aftrekbaar? In hierdie episode van Tax Break bespreek ek die aftrekbaarheidsaspek van die Wes-Kaapse Hooggeregshof se uitspraak in CSARS v Meiring…
- Artikel 99 verjaring: Wanneer kan SAID 'n belastingaanslag na drie jaar heropen? CSARS v Meiring Citrus · 27 mntWanneer beskerm verjaring belastingpligtiges teen addisionele belastingaanslae? Artikel 99 van die Wet op Belastingadministrasie verbied SAID in die algemeen om 'n addisionele…
- 2026 konsep-TALAB: LBS vir buitelandse werkgewers met SA permanente saakvestigings, voorlopige belasting-boetes en VDP-wysigings · 12 mntDie Nasionale Tesourie het die 2026 konsep-Wysigingswet op Belastingadministrasiewette (konsep-TALAB) op 30 Julie 2026 vir openbare kommentaar gepubliseer. In hierdie episode…
- Episode 85: Sleutelvoorstelle wat korporatiewe en besigheidsbelasting raak in die 2026 voorstelle vir belastingwetswysigings (2026 draft TLAB) · 22 mntDie Nasionale Tesourie het op 30 Julie 2026 die voorstelle vir die belastingwetswysigings vir kommentaar vrygestel. Alhoewel baie van die voorstelle kleiner of tegniese…
- Episode 84: Wanneer moet jy verby die naam of label van ‘n transaksie kyk of die belastingimplikasies te bepaal? · 18 mntBepaal die naam of die label van ‘n kontrak of transaksie die belastinggevolge daarvan? So prakties – as jy ‘n ooreenkoms ‘n lening noem, is die kontantvloei rente wat…
- Episode 83: Maak seker oor nulkoerslewerings · 15 mntNulkoerslewerings is kompleks en word dikwels onderskat deur belastingpligtiges en hulle adviseurs. Die blootstelling kan wesenlik wees om dit verkeerdelik toe te pas, veral op…
- Episode 82: Belasting op kripto bates · 17 mntSARS het ‘n konsep gids uitgereik oor die belasting van kripto bates. In hierdie episode gesels ek oor ‘n paar aspekte waaroor die konsep gids handel wat ek van mening is…
- Episode 81: Wat is artikel 42 nie? (Deel 2) · 15 mntArtikel 42 van die Inkomstebelastingwet gee verligting vir bate-vir-aandeel transaksies. In hierdie episode gesels ek sommige van die teenvermydingsreels om te oorweeg wanneer…
- Episode 80: Wat is artikel 42? (Deel 1) · 16 mntArtikel 42 van die Inkomstebelastingwet gee verligting vir bate-vir-aandeel transaksies. In hierdie episode gesels ek oor hoe die bepaling werk, van die geskiedenis en konteks…
- Episode 79: Rente of nie? · 12 mntWanneer vereis die belastingwetgewing dat partye rente moet hef op ‘n lening? Die antwoord is dit doen nie. Die bepaal bloot wat die belastinggevolge is wanneer partye nie rente…








