Klankgolwe: Weg! Stories
by Netwerk24 Klankgolwe
54. Op vellies vertrou ek. Met Sophia van Taak
About this podcast
Weg! Stories - Die beste rubrieke, reisstories, onthou stories en wildestories in Afrikaans.
Elke week doen ons 'n voorlesing van een van die beste stories uit Weg-tydskrif se argiewe. Ons gaan ook gesels met die skrywers, en hou ook die spasie dop vir bonus episodes.
Episodes
The newest 20 of 54 episodes
- 54. Op vellies vertrou ek. Met Sophia van Taak · 14 minMet watter soort skoene stap jy die lewe tegemoet? Sophia van Taak is seker van haar saak: vellies.
- 53. Dinge wat jy nié in die bos mis nie. Met Toast Coetzer · 19 minWanneer jy terugkeer stad toe ná 'n lang ruk in die bos, is daar 'n rits dinge wat jy skielik besef jy glad nie gemis het nie.
- 52. Die Boeddha van bakkie-ry. Met Evan Naudé · 20 minIs jy benoud wanneer jy iewers in die veld alleen in jou bakkie ry? Hier is drie stappe tot innerlike vrede wanneer jy met 'n bakkie die boendoes invaar.
- 51. Waar slaap jy vanaand? Met Toast Coetzer · 15 minOp 'n reis uit die Kalahari na Kaapstad tob Toast Coetzer oor die lewe en sy draaie.
- 50. The Good, The Bad... en die blouaap. Met Evan Naudé · 18 minMoenie alles glo wat gesoute wildtuinmense jou vertel nie, want soms sien jy wél iets interessants as jy laat slaap en in jou tent agterbly wanneer die vroegopstaners gaan wild…
- 49. So byna was ek 'n Himba. Met Sophia van Taak · 19 minOns reis om te sien hoe mense anders as ons lewe. Maar soms is juis dít wat ons met vreemdelinge gemeen het, wat ons die meeste verras.
- 48. Wat is cool? Met Toast Coetzer · 11 minDis goed om “cool” te wees, maar nie te cool nie. Maar hoe weet jy wanneer jy cool is? Of te cool? Of nie cool genoeg nie?
- 47. Om 'n boomhuis te bou. Met Francois Haasbroek · 15 minToe jy nog 'n laaitie was, het jy óf 'n boomhuis gehad óf jy wou een hê. Luister hier hoe jy een bou.
- 46. As Moeder Natuur haar strip. Met Evan Naudé · 11 minIn ’n mens se jeug vang jy dinge aan waaroor jy nou lag, maar wat jy nie sommer weer wil beleef nie. Evan Naudé onthou ’n kampvakansie toe Moeder Natuur hom deeglik beproef het.
- 45. Met 'n Cortina en 'n Gypsey op 'n plaaspad. Met Zigi Ekron · 12 minLank voor die eerste boendoe-karavaan bestaan het, het Zigi Ekron se pa met ’n gewone Gypsey gery waar min 4x4’s dit sou waag.
- 44. Op die spoor van James Bond. Deur Dana Snyman · 9 minOm te reis is nie altyd maklik of lekker nie. Soms is dit spanningsvol – soos wanneer jy skool “bunk” om ’n James Bond-fliek te gaan kyk.
- 43. 'n Ding wat ruk. Met Evan Naudé · 10 minTussen die manne moet jy darem jou manlikheid kan handhaaf, maar dis makliker gesê as gedaan wanneer jy ’n nuwe vaardigheid moet aanleer. Vir die 4x4-groentjie Evan Naudé was dit…
- 42. Die les van 'n gebore kampeerder. Met Zigi Ekron · 10 min’n Mens hoef nie ’n gebore kampeerder te wees nie – jy moet net deeglik kan pak, sê Zigi Ekron.
- 41. Die nonne in Etosha. Met Sophia van Taak · 11 min’n Non bly ’n effens ongewone verskynsel. Dis soms moeilik om te glo dat hulle ook hou van toer en wildkyk, sê Sophia van Taak.
- 40. Die nag van die snorkes. Met Evan Naudé · 11 min’n Nag onder die sterre kan heerlik wees, maar dan moet jy die regte geselskap hê. Of oorpluisies, het Evan Naudé uitgevind.
- 39. Ken jy die tipe? Met Zigi Ekron · 11 minDaar is meer as een soort tipiese kampeerder en as jy mooi kyk sal jy hulle om jou raaksien; dalk selfs op jou eie staanplek, sê Zigi Ekron.
- 38. Etosha... waar die leeus Afrikaans verstaan. Deur Piet Grobler · 9 minPiet Grobler, destyds ’n wildbewaarder in Etosha, beweer hy was op sy dag die wêreld se vinnigste man te perd. Só het hy dit reggekry.
- 37. 'n Bondige gids vir nie-voëlkykers. Deur Schalk Kotze · 10 minVir voëlkykers is daar nie medisyne nie, sê Schalk Kotzé. Daarom deel hy ’n paar wenke met die oog op ’n gelukkige huwelik.
- 36. Sweef soos 'n... arend? Met Jaco Kirsten · 11 minJy hoef nie baie geld te hê om aan avontuursport deel te neem nie. Die avontuur wat jy kry, is soms net effens anders as wat jy verwag het.
- 35. 'Full throttle' op vakansie, Met Sophia van Taak · 11 min’n Seevakansie is nie volmaak sonder ’n stukkie vis oor die kole nie. En die kole is nie werklik kole as daar nie ’n paar stories en grappe vertel word nie, glo Sophia van Taak.






