About this podcast
Ons gesels met skrywers, deel interessanthede oor boeke en luister saam na boekvoorlesings.
"Taaltoffie" word vervaardig deur Maroela Media.
Episodes
The newest 20 of 150 episodes
- Genade op genade vir Moeggesukkel se Jacques Papenfus · 19 min“Nou kan jy terugkyk en jy kan presies sien wat gebeur het. En belangrik: Nou kan jy God se hand in elke liewe detail sien.”
- Fransjohan Pretorius oor geskiedenis as familie-erfenis · 18 min“Daarom is dit belangrik om van die verlede bewus te wees en daaroor te praat, anders gaan die volgende geslag sê: ‘Ons weet nie wat met oupa en ouma gebeur het nie.’”
- Die braaibroodjie se storie is ons storie · 22 min“Toe ek begin google om te sien wat ek oor die braaibroodjie kan leer, kon ek absoluut niks inligting vind nie. Dit het my gefassineer, want as jy daaraan dink, ’n braaibroodjie…
- Keith Juluka se TikTok-treffer word kinderboek · 11 min“Ek is nie die ‘poster boy’ van Afrikaanse musiek of van Afrikaans as taal nie.”
- Curro-stigter se les vir sukses: Begin by vandag · 27 minDr. Chris van der Merwe wil die lesse wat hy eers op 40 geleer het nou aan jong mense oordra – lesse oor werk, geloof, geld en wat dit werklik beteken om suksesvol te wees.
- Modder, berge en motorfietse deur Afrika · 14 min“Daar is die mooi oomblikke wat ’n mens se asem wegslaan, soos om die Kongorivier die eerste keer te sien en die Kongowoud, wat oor duisende kilometers strek, te beleef.”
- Isabella Niehaus wys die wêreld wie Bella is · 22 min“Kleintyd het ek altyd gedink ons is skatryk. Ons was ryk aan liefde en kultuur, nie soseer aan geld nie.”
- Mense, musiek hou Rocco de Villiers op pad · 18 min"In die 30 jaar wat ek al musiek maak, het ek nooit gedink dat ek ʼn konsert gaan hou met hoe ek is, met die soort klere wat ek dra, met ʼn klavier en abstrakte musiek, en terwyl…
- Hannes Barnard keer dat die wêreld ophou lag · 18 min“Partykeer is ek die enigste een wat vir my grappies lag, maar dit is vir my belangrik dat daar humor in my boeke is.”
- Só het ‘Grensloos’ op ʼn lang pad deur Botswana begin · 13 min“Ek het net gedink: Dit kan nie toeval wees nie.”
- Só maak jy jou kinders skermslim · 29 min“ʼn Mens moet besef dat geen kind immuun is teen die gevare van die internet en sosiale media nie.”
- ‘Afrikanerman’ soek antwoorde anderkant stereotipes · 18 minDit gaan oor pa’s wat geleer het om sterk te wees, oor seuns wat grootgeword het met die idee dat mans nie huil nie, en oor geslagte wat dikwels eerder gewerk as gepraat het.
- ‘Afrikaanse digkuns is lewendig,’ sê Alwyn Roux · 20 minAfrikaanse poësie leef nie net in digbundels nie; dit vloei ook voort in musiek, nuwe stemme en gesprekke met die verlede.
- Tannie Maria pak vetplantstropers in nuwe boek · 19 minMet haar liefde vir kos, die Karoo en mense - en ‘n besondere talent om haarself telkens in moordraaisels vas te loop - het tannie Maria ‘n unieke plek in lesers se harte gekry.
- Biltong, baguettes en ʼn Afrikaanse hart · 22 min“Ek mis my taal die meeste wanneer ons lang tye in Frankryk deurbring. Ons het aan die begin selde, indien ooit, Afrikaans gehoor.”
- Omgewingstorie die vonk vir Elize Parker se trilogie · 17 minSoms begin ʼn storie op die plek waar ʼn mens dit die minste verwag. In Elize Parker se geval het haar nuwe trilogie met ʼn storie oor pikkewyne begin.
- Wat agter Martin Steyn se donker verbeelding skuil · 16 min“Dit is deur ʼn kortverhaal wat ek op skryf verlief geraak het, en dis danksy ʼn kortverhaal dat ek die mooi in Afrikaans begin raaksien het en vandag in my moedertaal skryf.”
- Veelsydige François Bloemhof se stories verras steeds · 19 min“Jy is klaar bevoorreg wanneer jou boeke gepubliseer word, maar om dit boonop te geniet, voel vir my asof ek met moord wegkom.”
- Afrikaanse kunslied op ligte wyse gevier · 16 min“As ons net die argaïese kunslied vir ʼn uur en ʼn half sou doen, sou dit vir my en die meeste liefhebbers van klassieke musiek heeltemal te swaar gewees het.”
- Addo se byna verlore olifante · 21 minHoe lyk dit wanneer ʼn mens kies om nie verder te vernietig nie, maar eerder te help bewaar?





