Über diesen Podcast
Die Rally-Raid Dagboek is ’n weeklikse potgooi wat toegewy is aan rally-raid in Suid-Afrika en die res van die wêreld.
Aangebied deur Izaac Beytell en Stompie Mynhardt – twee passievolle manne wat self diep in die sport leef. Izaac is ’n aktuaris en deeltydse joernalis, terwyl Stompie ’n boer en ervare renjaer is met jare se eerstehandse stof, sweet en adrenalien agter die stuur.
Saam het hulle Die Rally-Raid Dagboek gestig om ’n platform te skep waar die regte mense kan praat: die ryers, spanne, ondersteuners en legends wat rally-raid so ’n unieke en rou sport maak. Deur hul aangrypende stories, wedren-ervarings en agter-die-skerms-insigte wil hulle luisteraars nie net laat verstaan hoe die sport ontwikkel het nie, maar hulle ook laat saamry op die opwindende hedendaagse avonture van rally-raid.
Of jy ’n toegewyde aanhanger, nuuskierige beginner of self ’n stofvreter is – hierdie is die potgooi vir almal wat die brul van ’n turbo, die reuk van brandstof en die roep van die bos en woestyn avonture verstaan.
Folgen
Die neuesten 20 von 27 Folgen
- Episode 26 - Glyn Hall (Deel 4 van 4) · 26 Min. · Folge 26🎙 Episode 26 van Die Rally-Raid Dagboek is nou beskikbaar – Glyn Hall (Deel 4 van 4) In hierdie finale episode van ons interessante en insiggewende gesprek met Glyn Hall deel hy…
- Episode 25 - Glyn Hall (Deel 3 van 4) · 33 Min. · Folge 25In episode 25 van Die Rally-Raid Dagboek gesels ons verder met Glyn Hall, een van die mees invloedryke en suksesvolle figure in die internasionale rally-raid-wêreld. Glyn deel…
- Episode 24 - Glyn Hall (Deel 2 van 4) · 36 Min. · Folge 24In hierdie episode gesels ons verder met Glyn Hall, een van die mees invloedryke en suksesvolle figure in rally-raid. Glyn deel verder oor sy merkwaardige loopbaan: · Nissan…
- Episode 23 - Glyn Hall (Deel 1 van 4) · 33 Min. · Folge 23In Episode 23 van Die Rally-Raid Dagboek gesels ons met Glyn Hall, een van die mees invloedryke en suksesvolle figure in die internasionale rally-raid-wêreld. Glyn deel sy…
- Episode 22 - Richard Leeke (Deel 3 van 3) · 29 Min. · Folge 22In Episode 22 van Die Rally-Raid Dagboek gesels ons verder met die ses-malige Suid-Afrikaanse nasionale rally-raid kampioen, een van die top navigators van sy era en 'n ware…
- Episode 21 - Richard Leeke (Deel 2 van 3) · 30 Min. · Folge 21In Episode 21 van Die Rally-Raid Dagboek gesels ons verder met Richard Leeke, ses-malige Suid-Afrikaanse nasionale rally-raid kampioen en een van die top-navigators van sy era…
- Episode 20 - Richard Leeke (Deel 1 van 3) · 28 Min. · Folge 20🎙 Episode 20 van Die Rally-Raid Dagboek is nou beskikbaar! In hierdie episode gesels ons met Richard Leeke – sesmalige Suid-Afrikaanse nasionale rally-raid kampioen, een van die…
- Episode 19 - Franz Czepek (Deel 2 van 2) · 30 Min. · Folge 19In hierdie episode gesels ons verder met Franz Czepek – vyfmalige Suid-Afrikaanse nasionale rally-raid-kampioen, een van die mees gedugte en kompeterende renjaers van sy era, en…
- Episode 18 - Franz Czepek (Deel 1 van 2) · 30 Min. · Folge 18🎙 Episode 18 van Die Rally-Raid Dagboek is nou beskikbaar! In hierdie episode gesels ons met Franz Czepek – vyfmalige Suid-Afrikaanse nasionale rally-raid kampioen, een van die…
- Episode 17 - Philip Malan (Deel 2 van 2) · 29 Min. · Folge 17In hierdie episode gesels ons verder met Philip Malan, 'n Suid-Afrikaanse rally-raid legende en een van die mees gedugte renjaers van sy era. Philip het veral in die 1980s en…
- Episode 16 - Philip Malan (Deel 1 van 2) · 35 Min. · Folge 16In hierdie episode sit ons om die tafel met Philip Malan, 'n Suid-Afrikaanse rally-raid legende en een van die mees gedugte renjaers van sy era. Philip het veral in die 1980s en…
- Episode 15 - Francois Jordaan (Deel 3 van 3) · 28 Min. · Folge 15In hierdie finale episode van ons gesprek met die legendariese rally-raid navigator, Francois Jordaan, deel hy meer van sy ervaringe, insluitende: · Die veelsydige rol van ’n…
- Episode 14 - Francois Jordaan (Deel 2 van 3) · 27 Min. · Folge 14In hierdie episode gesels ons verder met Francois Jordaan – ’n ware legende in Suid-Afrikaanse rally-raid-kringe en ’n onvermoeide ambassadeur vir die sport. Francois deel nog…
- Episode 13 - Francois Jordaan (Deel 1 van 3) · 26 Min. · Folge 13In hierdie episode gesels ons met Francois Jordaan – ’n ware legende in Suid-Afrikaanse rally-raid-kringe en 'n onvermoeide ambassadeur vir die sport. Francois deel openhartig sy…
- Episode 12 - Bodo Bertholdt (Deel 2 van 2) · 24 Min. · Folge 12In hierdie episode gaan ons verder met een van die ware pioniers en legendes van Suid-Afrikaanse rally-raid – Bodo Bertholdt. Bodo deel meer onvergeetlike stories oor: • Die…
- Episode 11 - Bodo Bertholdt (Deel 1 van 2) · 24 Min. · Folge 11In hierdie episode gesels ons met een van die ware pioniers en legendes van rally-raid in Suid-Afrika — Bodo Bertholdt, As ’n pasgetroude man in 1970 het Bodo sy oog op ’n…
- Episode 10 - Jannie Visser (Deel 2 van 2) · 28 Min. · Folge 10🎙 Mylpaal Episode Bereik!! Episode 10 van Die Rally-Raid Dagboek is nou beskikbaar! In hierdie spesiale mylpaal-episode gesels ons verder met die voormalige nasionale kampioen en…
- Episode 9 - Jannie Visser (Deel 1 van 2) · 28 Min. · Folge 9In hierdie episode gesels ons met een van die legendes van Suid-Afrikaanse rally-raid: Jannie Visser – voormalige nasionale kampioen en steunpilaar van die Barberspan Motor Klub…
- Episode 8 - Kassie Coetzee (Deel 2 van 2) · 22 Min. · Folge 8In hierdie episode gesels ons verder met die legendariese Kassie Coetzee — een van Suid-Afrika se motorsport legendes. Oom Kassie deel openhartig oor: • ’n Koppie tee op ‘n…
- Episode 7 - Kassie Coetzee (Deel 1 van 2) · 26 Min. · Folge 7In hierdie episode gesels ons met die legendariese Kassie Coetzee – een van Suid-Afrika se grootste motorsport-ikone. Oom Kassie deel openhartig en met baie humor sy merkwaardige…
